Apatosaurus

Die kopbeen van A. ajax, voorwerp CMC VP 7180.

Apatosaurus
Tydperk: Laat Jura 152–151 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Apatosaurus

(Marsh, 1877)
Tipespesie
Apatosaurus ajax
Ander spesies
Apatosaurus louisae
(Holland, 1916)
Apatosaurus
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Familie: Diplodocidae
Genus: Apatosaurus
(Marsh, 1879)

Apatosaurus ("misleidende akkedis") is ’n genus van souropode-dinosourusse wat in die Laat Jura-periode in Noord-Amerika voorgekom het. Dit is aanvanklik in 1877 deur Othniel Charles Marsh beskryf en hy het die eerste bekende spesie Apatosaurus ajax genoem en die tweede spesie, wat in 1916 ontdek is, Apatosaurus louisae. Hulle is tussen 152 miljoen en 151 miljoen jaar oud en het in die Titonium-tydsnede van die Jura voorgekom. Brontosaurus is lank beskou as ’n sinoniem vir die Apatosaurus en sy tipe-spesie is in 1903 hernoem tot A. excelsus.

’n Uitgebreide studie wat in 2015 gepubliseer is, het egter bevind Brontosaurus was ’n geldige souropode-genus wat verskil het van Apatosaurus.[1][2] Volgens dieselfde studie is nog twee spesies wat voorheen as Apatosaurus beskou is, hernoem tot Brontosaurus parvus en Brontosaurus yahnahpin.[1]

  1. 1,0 1,1 Tschopp, E.; Mateus, O.V.; Benson, R.B.J. (2015). "A specimen-level phylogenetic analysis and taxonomic revision of Diplodocidae (Dinosauria, Sauropoda)". PeerJ3: e857. doi:10.7717/peerj.857
  2. Gorman, James (7 April 2015). "A Prehistoric Giant Is Revived, if Only in Name". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2019. Besoek op 7 April 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search